Text only site
Constitutional court logo
Search the site:
 
back   print   e-mail
The Constitution   |   The Constitution in Afrikaans
 
Aanhef
Ons, die mense van Suid-Afrika,
Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste
reg van die Republiek ten einde –
Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes,
maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die
wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat
in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.

The Constitution in Afrikaan is in pdf format here, by courtesy of Creamer Media's www.polity.co.za.

Adobe Reader, which you will need to view it, can be downloaded free.
 
Disclaimer | Terms | Webmaster Print Email This Page top